Independant Communication Authorities of South Africa  

*  James Road (Street) 16, Fairleads, Benoni.   Tel: 67-631-3431,  Whatsapp: 067-631-3431,  Email: bicomm969@gmail.com  *

 

 

      Laai hierdie dokument in pdf formaat af 
    
      regter kliek en kies "save linked content as..."

 

Aan alle Suidlanders - vanaf 'n bekeerde Suidlander. 

Skrifte (Swart), Gustav se woorde (blou), Redakteur se kommentaar (groen).

 

9 Nov 2013   .

Van die begin van die Suidlanders se ontstaan het ek met groot belangstelling en groot erns die beweging en die gees daar agter betraag, en as ‘n weergebore Christen ag ek dit nou noodsaaklik om dit wat ek oor die jare heen van hierdie beweging bespeur het, met my landsgenote te deel. Hierdie skrewe is 'n kombinasie van dit wat aanleiding gegee het tot die stigting van "Die Suidlanders" en waarin dit uiteindelik ontaard het. Dit wat begin het as ‘n boodskap van “Bekeer of Ek vernietig julle” ... het nou so ewe verander in ‘n boodskap van beveiliging. Beveiliging teen wie? God? Die oorspronklike skrifte, gegee deur Mnr. Müller toon tog duidelik dat dit God self is (sy naam is Jesus), wat die aanvallers oprig en dat Hyself die aanval gaan loods teen hierdie goddelose boerevolk! Ek haal uit Gustav se skrifte aan...

 

Eze 20:47 Kyk, Ek steek ‘n vuur in jou aan wat in jou elke groen boom en elke droë boom sal verteer;

 

Jer 13:16  Gee eer aan die HERE julle God voordat Hy dit donker laat word…

 

Eze 7:8-9  Nou sal Ek binnekort my grimmigheid oor jou uitgiet en my toorn teen jou laat uitwoed en jou oordeel volgens jou weë en al jou gruwels op jou laat neerkom.  (9)  En my oog sal nie verskoon nie, en Ek sal nie spaar nie; Ek sal dit op jou laat neerkom volgens jou weë, en jou gruwels sal in jou midde wees; en julle sal weet dat Ek die HERE is wat slaan

 

Ek besef dat ek menige mense hiermee sal omkrap en dit is nie my bedoeling nie. As 'n prediker van die Evangelie van Jesus Christus en die verborgenhede wat daarmee saam gaan, weet ek dat die boodskap van die Suidlanders in teëstryd is met die woord van God, en dit is vir my moeilik om te sit en kyk hoe baie van my landsgenote met hierdie onding saam gesleep word. Mag God diegene wat Hom in gees en in waarheid probeer aanbid, se oë open is my gebed…

 

Die oorspronklike boodskap lei “indien julle nie bekeer nie, dan sal EK hierdie dinge oor julle bring.”Julle weet goed dat ‘n regverdige God nie sy toorn oor ‘bekeerde mense sal uitstort nie! Die feit dat julle as Suidlanders besig is met voorbereiding en beveiliging, eerder as ‘n hartsbekering, spreek tog boekdele teen julself. Die Woord sê nie, “as julle vir julle grypsakke pak, ‘n afgeleë wegkruip plek vind, en ‘n ontsnappingsroete daarna toe uit werk, dan sal julle vrykom”,nie.  Dit sê wel…

 

2Ch 7:14  As my volk, oor wie my Naam uitgeroep is, hulle verootmoedig en bid en my aangesig soek en hulle bekeer van hul verkeerde weë, dan sal Ék uit die hemel hoor en hulle sonde vergewe en hulle land genees.  

 

Luk 21:36  Waak dan en bid altyddeur, sodat julle waardig geag mag word om al hierdie dinge wat kom, te ontvlug en voor die Seun van die mens te staan.

 

Merk in die skrif hierbo, dat ons ontvlugtings-bestemming nie ‘n saai of ‘n bosveld plaas nie, dit is by “die seun van die mens”. Vir julle wat nog saam met my is, kom ons keer terug na 5 Januarie 2008...

 

Die Suidlanders

03 Februarie 2008

Amptelike verklaring van Gustav Müller aan die Suidlanders - 5 Jan 2008 

As gevolg van baie debatte en besprekings en in sommige gevalle selfs swartsmeerdery het ons as Suidlanders dit nodig geag dat ek (Gustav) `n amptelike verklaring opsluit uitreik oor wie en wat ’n Suidlander is, dat u opnuut kan besluit of u hierdie sentiment deel.

Die naam ‘Suidlander’ het sy oorsprong in die naam Suidland. Met die stigting van Suidland–Aksie ’n paar jaar gelde het ek en talle vriende ons gaan afsonder in vas en gebed in die Bosveld (Mabothe) vir drie dae lank om leiding van ons Vader in die hemel te vra. In hierdie drie dae het ons baie Skrifte ontvang, maar twee Skrifte het uitgestaan, die eerste Skrif kom uit Jeremia 13. U kan dit gaan lees (die woord Suidlanders kom daarin voor);

 

Jer 13:1-27  So het die HERE vir my gesê: Gaan koop vir jou ‘n linnegord en bind dit om jou heupe; maar laat dit nie in die water kom nie.  (2)  En ek het die gord gekoop volgens die woord van die HERE en dit om my heupe gebind.  (3)  Toe het die woord van die HERE vir die tweede keer tot my gekom en gesê:  (4)  Neem die gord wat jy gekoop het, wat om jou heupe is, en maak klaar, gaan na die Eufraat en steek dit daar weg in ‘n klipskeur.  (5)  Daarop het ek gegaan en dit weggesteek by die Eufraat, soos die HERE my beveel het.  (6)  En ná verloop van baie dae het die HERE vir my gesê: Maak klaar, gaan na die Eufraat en haal die gord daarvandaan wat Ek jou beveel het om daar weg te steek.  (7)  Daarop het ek na die Eufraat gegaan en gegrawe en die gord geneem van die plek af waar ek dit weggesteek het; en kyk, die gord het bederf, dit was waardeloos.  (8)  Toe het die woord van die HERE tot my gekom en gesê:  (9)  So spreek die HERE: So sal Ek laat bederwe die hoogmoed van Juda en dié van Jerusalem, wat so groot is.  (10)  Hierdie goddelose volk wat weier om na my woorde te luister, wat wandel in die verharding van hulle hart en agter ander gode aan loop om hulle te dien en hul daarvoor neer te buig—hulle moet word soos hierdie gord wat waardeloos is.  (11)  Want soos die gord kleef aan die heupe van ‘n man, so het Ek die hele huis van Israel en die hele huis van Juda aan My laat klewe, spreek die HERE, om vir My te wees ‘n volk en ‘n roem en ‘n lof en ‘n sieraad; maar hulle het nie geluister nie.  (12)  Sê verder aan hulle hierdie woord: So spreek die HERE, die God van Israel: Elke kan word vol wyn gemaak. Dan sal hulle vir jou sê: Weet ons dit dan nie dat elke kan vol wyn gemaak word nie?  (13)  Maar jy moet vir hulle sê: So spreek die HERE: Kyk, Ek vul met dronkenskap al die inwoners van hierdie land, selfs die konings wat op die troon van Dawid sit, en die priesters en die profete en al die inwoners van Jerusalem.  (14)  En Ek sal hulle verbrysel, die een teen die ander, die vaders en die kinders almal saam, spreek die HERE. Ek sal nie spaar of verskoon of My ontferm nie, dat Ek hulle nie sou verdelg nie.  (15)  Luister en merk op; verhef julle nie, want die HERE het gespreek!  (16)  Gee eer aan die HERE julle God voordat Hy dit donker laat word en voordat julle voete stamp teen die berge in die skemering; terwyl julle wag op lig, maar Hy dit doodskaduwee maak, in donkerheid verander.  (17)  Maar as julle daar nie na luister nie, sal my siel in skuilplekke ween vanweë die hoogmoed; en my oog sal bitterlik huil en afloop in trane, omdat die kudde van die HERE as gevangenes weggevoer is.  (18)  Sê aan die koning en aan die gebiedster: Gaan baie laag sit, want julle hoofsieraad, julle sierlike kroon, het geval.  (19)  Die stede van die Suidland is toegesluit, en niemand maak oop nie; Juda is in ballingskap weggevoer gans en al, weggevoer volkome!  (20)  Hef jou oë op, en aanskou die wat uit die noorde kom. Waar is die kudde wat aan jou gegee is, jou pragtige trop kleinvee?  (21)  Wat sal jy sê wanneer Hy as hoof oor jou aanstel diegene wat jy self geleer het om jou vertroude vriende te wees? Sal weë jou nie aangryp soos van ‘n barende vrou nie?  (22)  As jy dan in jou hart sê: Waarom het hierdie dinge my oorgekom? Weens die grootheid van jou ongeregtigheid is jou slippe opgetel, het jou hakskene gely onder geweld.  (23)  Kan ‘n Kusiet sy vel verander of ‘n luiperd sy vlekke? Dan sal julle ook in staat wees om goed te doen, julle wat gewend is om kwaad te doen.  (24)  Daarom sal Ek hulle verstrooi soos ‘n stoppel wat verbyvlieg voor die wind van die woestyn.  (25)  Dit is jou lot, die deel wat Ek jou toegemeet het, spreek die HERE, omdat jy My vergeet en op leuens vertrou het.  (26)  So het Ek dan ook jou slippe opgetel oor jou aangesig, sodat jou skande gesien word.  (27)  Jou owerspel en jou gerunnik, jou skandelike hoerery—op die heuwels in die veld het Ek jou verfoeisels gesien. Wee jou, Jerusalem! Hoe lank sal dit nog duur voordat jy rein word?

 

Gustav praat verder…

…hier het die hemelse Vader vir ons gesê wat die toestand van die Boervolk is en dat ons dit aan hulle moet bekend maak, en hulle roep tot ’n hartsbekering en nie tot ’n bekering van die lippe nie. Die Woord sê ‘aan die vrug van die boom sal jy die boom ken’, en ek het toe landswyd begin ry en sowat 55 000 km afgelê om die boodskap van bekering uit te dra. Sommige kerke het my genooi om selfs dienste op Sondae te hou; verder is daar huis- en openbare vergaderings gereël waartydens van die ‘vrugte’ wat die Boervolk nie meer gedra het nie, aan hul bekend gemaak is.

 

Van die `verdorde vrugte` was byvoorbeeld:

1.)        Ons volk se Sabbat ontheiliging.

2.)        Ons motors wat die parkeerplekke by die dobbelhuise (afgod van Astartis) volstaan.

3.)        Die sportafgod.

4.)        Geld (Mammon) en status voor wie ons ook die knie gebuig het.

5.)        Die afgod van wellus wat met oorgawe gedien word, ens., ens…

Die tweede Skrif was Eseg. 20:45-49. (Dit is `n profesie oor die toekoms).

 

Eze 20:45-49    Verder het die woord van die HERE tot my gekom en gesê:  (46)  Mensekind, rig jou aangesig na die suide en laat jou rede druppel teen die suide en profeteer teen die bosveld, die Suidland,  (47)  en sê aan die bos van die Suidland: Hoor die woord van die HERE: So spreek die Here HERE: Kyk, Ek steek ‘n vuur in jou aan wat in jou elke groen boom en elke droë boom sal verteer; die uitslaande vlam sal nie uitgeblus word nie, maar daardeur sal alle aangesigte verbrand word van die Suidland af tot die noorde toe;  (48)  en alle vlees sal sien dat Ek, die HERE, dit aangesteek het; dit sal nie uitgeblus word nie.  (49)  Toe sê ek: Ag, Here HERE, hulle sê vir my: Spreek hy nie altyd in gelykenisse nie?

 

Gustav gaan voort…

Die woord Suidland kom drie keer hierin voor, ons het die Skrif die derde dag ontvang, en watter belewenis was dit nie om tussen daardie bosse te sit en verse 46 en 47 te lees nie!

 

Eze 20:46    Mensekind, rig jou aangesig na die suide en laat jou rede druppel teen die suide en profeteer teen die bosveld, die Suidland, (47)  en sê aan die bos van die Suidland: Hoor die woord van die HERE: So spreek die Here HERE: Kyk, Ek steek ‘n vuur in jou aan wat in jou elke groen boom en elke droë boom sal verteer; die uitslaande vlam sal nie uitgeblus word nie, maar daardeur sal alle aangesigte verbrand word van die Suidland af tot die noorde toe;

 

Gustav praat verder…

Daar is soveel wonderbaarlike getuienisse wat in daardie drie dae afgespeel het, en ek hoop en vertrou ek sal dit eendag te boek kan stel, want dit is te veel om in hierdie kort verklaring op te neem. En daar in afsondering het die Suidlanders hul naam gekry. Kort daarna is `n stigtingsvergadering te Villiers gehou met 12 raadslede van oor die hele land.

 

Met my reis deur die land is ons eerste publikasie, ‘Brandwag vir die Suidland’ versprei, en daarin is ’n oproep gedoen dat ons ons voor die Almagtige Vader moet neerbuig. Ek het kopieë van hierdie publikasie in boekwinkels geplaas om gratis uit te deel, en waar ek toestemming kon kry, dit ook op winkeltoonbanke gelaat. Ongeveer `n jaar lank het ek hierdie bekeringsboodskap uit gedra totdat ek een oggend op pad van Durban af terug Vereeniging toe was. Daardie oggend het ek tot die Here gebid dat as Hy nie wil hê ek moet langer hiermee voortgaan nie, Hy iets groots moet laat gebeur sodat ek dit kan “weet”. (En nou waarsku die Bybel ook dat mens versigtig moet wees wat jy vra, want jy kan dit dalk kry). Ongeveer 19H00 daardie middag beland ek in so groot ongeluk dat my motor totaal afgeskryf moes word, maar deur die Genade het ek nie ’n skrapie opgedoen nie. Hierna het ek ernstig tot die Vader gebid en gevra wat moet ek nou doen, want dit het gevoel of die Leiding stilgeraak het. Daardie aand maak ek my Bybel oop en lees dat ek my lewe moet geniet saam met die vrou wat ek lief het. So gesê so gedaan. Ongeveer ’n jaar het verbygegaan voordat die Here my baie ernstig en dringend opgeroep het om weer ’n boodskap aan die volk uit te dra. Hierdie keer was dit ’n kombinasie van die bekeringsboodskap (wat die primêre doel van Suidlanders is) en die waarskuwing oor die fisiese gevaar wat ons volk bedreig en wat besig was om sy verskyning op die horison te maak, nl. Uhuru. (Uhuru was die instrument wat God sou gebruik om Sy toorn oor ’n afvallige volk te laat kom). Met hierdie boodskap het ek in 2006 begin en was DVD’s 1,2 en 3 in 2007 die afsluiting. Teen die einde van 2007 het ek die Here weereens gevra wat moet ek nou doen, want daar het weer ’n stiltetyd aangebreek. Toe gee die Here vir my die volgende skrifte Eseg. 24: 26-27

 

Eze 24:25-27    En wat jou aangaan, mensekind, sekerlik, die dag as Ek hulle vesting van hulle af wegneem, hulle heerlike vreugde, die lus van hulle oë en die verlange van hulle siel, hulle seuns en hulle dogters,  (26)  op dié dag sal ‘n vlugteling na jou toe kom om jou dit te verkondig.  (27)  Op dié dag sal jou mond geopen word tegelyk met dié van die vlugteling, en jy sal spreek en nie meer stom wees nie. So sal jy dan vir hulle ‘n sinnebeeld wees, en hulle sal weet dat Ek die HERE is.

 

en Habakuk 3:6.

Hab 3:6  Hy tree op en laat die aarde wankel, Hy kyk en laat nasies opskrik; verpletterd lê die ewige berge, en neergesink die ou, ou heuwels—paaie van die ou tyd vir Hom.

 

Gustav praat…

Sedertdien hou ek nie meer vergaderings nie, maar help net waar ek kan met reëlings rondom die beveiliging van ons mense.

 

(Die besluit hier bo is duidelik dat Gustav besef dat die volk nie gaan bekeer nie… en as gevolg van sy liefde vir sy medemens, hy nou probeer om die toorn van God so oneffektief moontlik te maak!  Dit is egter dwaasheid. Dink Gustav werklik hy kan die toorn van God oneffektief maak deur die mense te beveilig. Beveilig teen wie? Al wat hy van hier af doen is om sy volgelinge ‘n valse gerustheid te gee. Instede van ‘nboodskap van bekering, verkondig hy ‘nou ‘n boodskap van gereedmaking. In Jer 13:9 sê God dat dit Hy self is wat hulle hoogmoed bedorwe en in vers 16 dat dit Hy self is wat dit donker sal laat word. In Eze 20:47 sê God “Ek steek ‘n vuur in jou aan”. Dink Gustav regtig dat hy God se hand kan wegklap! Dit is tog dwaasheid, en die wat Gustav en sy handlangers volg verdien God se toorn op hulle. -Redakteur.)

 

Definisie van `n Suidlander:

Gustav praat…

In kort is ’n Suidlander ’n gelowige volksgenoot wat besef en erken dat ons die weë van die Here as ‘n volk verlaat het (Jer13). Uit die kennis wat ons uit die Skrif ontvang, weet ons dat die toorn van God teen hierdie mooi land kan ontketen. (Eseg. 7,)

 

[Let op: die een vermaning / bestrawing na die ander. Geen teken dat God skielik van plan verander het om die arme sondige en goddelose boerevolkie te vertroos en te vergewe nie. God se dreigement bly en is steeds dieselfde. … Redakteur.]

 

God gaan voort…

Eze 7:1-27  Daarna het die woord van die HERE tot my gekom en gesê:  (2)  En jy, mensekind, so spreek die Here HERE tot die land van Israel: Einde! Die einde het gekom oor die vier hoeke van die land.  (3)  Nou is die einde oor jou, en Ek sal my toorn teen jou uitstuur en jou oordeel volgens jou weë en al jou gruwels op jou laat neerkom;  (4)  en my oog sal jou nie verskoon nie, en Ek sal nie spaar nie, maar Ek sal jou wandel op jou laat neerkom, en jou gruwels sal in jou midde wees; en julle sal weet dat Ek die HERE is.  (5)  So sê die Here HERE: Onheil op onheil, kyk, dit kom!  (6)  ‘n Einde kom, die einde kom, dit word wakker teen jou; kyk, dit kom!  (7)  Die lotsverandering kom teen jou, inwoner van die land! Die tyd kom, die dag is naby! Rumoer en geen vreugdegeroep op die berge nie!  (8)  Nou sal Ek binnekort my grimmigheid oor jou uitgiet en my toorn teen jou laat uitwoed en jou oordeel volgens jou weë en al jou gruwels op jou laat neerkom.  (9)  En my oog sal nie verskoon nie, en Ek sal nie spaar nie; Ek sal dit op jou laat neerkom volgens jou weë, en jou gruwels sal in jou midde wees; en julle sal weet dat Ek die HERE is wat slaan.  (10)  Kyk, die dag, kyk, hy kom! Die lotsverandering het uitgegaan, die roede het gebloei, die trotsheid het uitgespruit.  (11)  Die geweld het opgegroei tot ‘n roede van goddeloosheid; niks van hulle sal oorbly nie of van hulle menigte of van hulle gedruis, en niks heerliks sal aan hulle wees nie.  (12)  Die tyd het gekom, die dag is naby; laat die koper nie bly wees nie en die verkoper nie treur nie; want toorngloed is daar oor die hele menigte van die land.  (13)  Want die verkoper sal nie teruggaan na wat verkoop is nie—ook as hy nog in die lewe is; want die gesig aangaande die hele menigte van die land sal nie herroep word nie, en niemand sal homself deur sy ongeregtigheid in sy lewenskrag versterk nie.  (14)  Hulle blaas met die trompet en maak alles klaar, maar niemand trek na die oorlog toe nie; want my toorngloed is oor die hele menigte van die land.  (15)  Die swaard buite, en die pes en die hongersnood binne; hy wat in die veld is, sal deur die swaard sterwe; en hy wat in die stad is, hom sal die hongersnood en die pes verteer.  (16)  En die wat uit hulle ontvlug, sal ontvlug; maar hulle sal op die berge wees soos duiwe van die klowe wat almal klaag, elkeen vanweë sy ongeregtigheid.  (17)  Almal se hande sal slap word, en almal se knieë sal wegvloei soos water.  (18)  Ook sal hulle rouklere aangord, en angs sal hulle oordek; en oor al die aangesigte sal skaamte wees en op al hulle hoofde ‘n kaalte.  (19)  Hul silwer sal hulle op die strate gooi, en hulle goud sal ‘n voorwerp van afsku wees; hul silwer en hul goud sal hulle nie kan red in die dag van die grimmigheid van die HERE nie; hul siel sal hulle daarmee nie versadig of hul ingewande daarmee vul nie, want dit was die struikelblok tot hulle ongeregtigheid.  (20)  En die pragtige sieraad daarvan het hulle as voorwerp van trots opgestel, en die beelde van hul gruwels, hul verfoeisels het hulle daarmee gemaak; daarom het Ek dit vir hulle tot ‘n voorwerp van afsku gemaak.  (21)  En Ek sal dit in die hand van vreemdes oorgee as roof en aan die goddelose van die aarde as buit, dat hulle dit ontheilig.  (22)  Ook sal Ek my aangesig van hulle afwend, en hulle sal my skat ontheilig: inbrekers sal daar inkom en dit ontheilig.  (23)  Maak ‘n ketting klaar, want die land is vol bloedgerigte en die stad is vol geweld.  (24)  Daarom sal Ek die kwaadaardigste nasies laat kom, wat hulle huise in besit sal neem, en Ek sal die trots van die sterkes laat ophou, en hulle heiligdomme sal ontheilig word.  (25)  Die angs kom; en hulle soek vrede, maar dit is nie daar nie.  (26)  Onheil op onheil kom, en gerug op gerug is daar; en hulle sal ‘n gesig verlang van die profeet, maar die wet sal verlore wees vir die priester en die raad vir die oudstes.  (27)  Die koning sal rou, en die vors sal hom beklee met verbasing, en die hande van die mense van die land sal deur skrik verlam wees. Ek sal met hulle handel volgens hulle weg, en volgens hulle verordeninge sal Ek hulle vonnis; en hulle sal weet dat Ek die HERE is.





God gaan voort…

Jesaja 30

Isa 30:1-11  Wee die opstandige kinders (boerevolk) , spreek die HERE, wat ‘n plan uitvoer, maar dit is nie uit My nie; wat ‘n verbond sluit, en dit is nie uit my Gees nie, om sonde op sonde te stapel;  (2)  wat gaan om na Egipte  (die buiteland) af te trek, en hulle raadpleeg my mond nie, om toevlug te soek onder die beskutting van Farao en om te skuil in die skaduwee van Egipte (die buiteland).  (3)  Maar die beskutting van Farao sal julle tot skande wees, en die skuiling in die skaduwee van Egipte tot smaadheid.  (4)  Want hulle vorste is in Soan, en hulle boodskappers het in Hanes aangekom;  (5)  almal staan beskaamd vanweë die volk wat hulle geen voordeel aanbring nie, geen hulp en geen voordeel nie, maar skande en smaadheid daarby.  (6)  Godspraak oor die diere van die Suidland. In ‘n land van benoudheid en angs, waar leeuin en leeu uitkom, adder en vlieënde draak, vervoer hulle op die rugge van esels hul rykdomme en op die bulte van kamele hul skatte, na ‘n volk wat geen voordeel bring nie.  (7)  En Egipte—nietig en leeg is sy hulp; daarom noem ek dit: Rahab wat stilsit.  (8)  Gaan nou in, skryf dit op ‘n tafel in hulle teenwoordigheid en teken dit op in ‘n boek, dat dit kan bly vir later dae, vir altyd, tot in ewigheid.  (9)  Want dit is ‘n wederstrewige volk, leuenagtige kinders, kinders wat die wet van die HERE nie wil hoor nie;  (10)  wat aan die sieners sê: Sien nie! en aan die profete: Profeteer vir ons nie wat reg is nie; spreek vleitaal vir ons, profeteer bedrieëry;  (11)  wyk af van die weg, buig af van die pad, laat die Heilige van Israel voor ons aangesig verdwyn!

 

[…in menige Suidlander vergaderings het ek menige male iemand hoor sê, “Laat godsdiens hieruit!” – en dit nadat hulle die vergadering met gebed geopen het! Eers nooi hulle Hom in en dan gee hulle Hom ‘n koue skouer. Dit is tog ‘n duidelike teken van hul goddeloosheid. Aan hulle vrugte sal julle hulle ken. Die vrugte maak nie die boom goed of sleg nie, dit toon net of die boom goed of sleg is. – Redakteur.]

 

Isa 30:12-15    Daarom, so sê die Heilige van Israel: Omdat julle hierdie woord verwerp en vertrou op verdrukking en slinksheid en daarop steun,  (13)  daarom sal hierdie skuld vir julle wees soos ‘n los stuk wat wil val, wat oorhang in ‘n hoë muur, waarvan die instorting heeltemal onverwags kom.  (14)  Ja, Hy sal dit verbreek soos die kruik van ‘n pottebakker verbreek word, wat sonder verskoning stukkend geslaan word, sodat by die brokstukke daarvan geen skerf gevind word om vuur uit die vuurherd te gaan haal of om water uit die kuil te skep nie.  (15)  Want so sê die Here HERE, die Heilige van Israel: In terugkeer en rus lê julle heil, in stil wees en vertroue bestaan julle krag; maar julle wou nie

 

[…terug keer na wat? Menige “Doen dit jouself Godsdienste” wat soveel Suidlanders beoefen. Keer terug na ‘n Godsvresende lewe. Onthou, God is nie jou “buddy” nie! Hy is ‘n 100 000 keer meer as dit. Hy is jou skepper, en Verlosser. Slaan ag op Sy voorwaardes, anders word Hy jou vernietiger!

 

Dra dan vrugte wat pas by bekering!

 

Weinig is godvresend. Die groot meerderheid loop te koop, elkeen met hul eie tuisgemaakte godsdiens. Vye-blaar bedekking, instede van wit klere. Ander bely dat hul kinders van die Allerhoogste is terwyl hulle, hul tyd verdryf met rokende sigarette en lang glase drank, al onspannend voor hul glas, klip en hout afgod, bekend as TV’s. Bybels weg gepak of stowerige langs ‘n goed verweerde TV-gids en uitmekaar koerant. Tog sê hul almal, “God sal ons beskerm?” Hulle mislei hulself soos die mense in die dae van Noag!

 

[…in menige Suidlander vergaderings het ek menige male iemand hoor sê, “Laat godsdiens hieruit!” – en dit nadat hulle die vergadering met gebed geopen het! Eers nooi hulle Hom in en dan gee hulle Hom ‘n koue skouer. Dit is tog ‘n duidelike teken van hul goddeloosheid. Aan hulle vrugte sal julle hulle ken. Die vrugte maak nie die boom goed of sleg nie, dit toon net of die boom goed of sleg is. – Redakteur.]

 

Isa 30:16-33    en het gesê: Nee, maar op perde sal ons vlieg—daarom sal julle moet vlug! en: Op renperde sal ons ry—daarom sal julle vervolgers laat jaag!  (17)  Een duisend van julle sal vlug vir die oorlogsgeroep van een enkele, vir die oorlogsgeroep van vyf, totdat julle oorbly soos ‘n vlagpaal op ‘n bergtop en soos ‘n banier op ‘n heuwel.  (18)  En daarom sal die HERE met ongeduld daarop wag om julle genadig te wees, en daarom sal Hy Hom verhef om Hom oor julle te ontferm; want die HERE is ‘n God van die gerig. Welgeluksalig almal wat op Hom wag!  (19)  Want ‘n volk sal op Sion, in Jerusalem, woon; jy sal nie meer ween nie; sekerlik sal Hy jou genade bewys op jou hulpgeroep; sodra Hy hoor, antwoord Hy jou.  (20)  Die Here gee julle wel brood van benoudheid en water van bedruktheid, maar jou leraars sal hulle nie langer verberg nie—maar jou oë sal jou leraars sien;  (21)  en jou ore sal ‘n woord agter jou hoor wat sê: Dit is die weg, wandel daarop! wanneer julle regs of wanneer julle links wil gaan.  (22)  En julle sal verontreinig die oortreksel van jou gesnede beelde van silwer en die beslag van jou gegote beeld van goud; jy sal dit weggooi soos iets wat besoedel is. Weg daarmee! sal jy daarvan sê.  (23)  Dan sal Hy reën gee vir die saad waarmee jy die grond besaai, en broodkoring wat die grond voortbring, en dit sal smaaklik en voedsaam wees; jou vee sal in dié dag wei op ‘n uitgestrekte weiveld;  (24)  en die osse en die esels wat die grond bewerk, sal voer met sout eet, wat uitgewan is met skop en gaffel;  (25)  en op elke hoë berg en op elke verhewe heuwel sal strome wees, waterlope, op die dag van die groot slagting as die torings val.  (26)  En die lig van die maan sal wees soos die lig van die son, en die lig van die son sal sewevoudig wees, soos die lig van sewe dae, op die dag as die HERE die breuk van sy volk verbind en die wond gesond maak wat aan hulle geslaan is.  (27)  Kyk, die Naam van die HERE kom van ver af, sy toorn brand, swaar wolke kom op; sy lippe is vol grimmigheid en sy tong soos ‘n verterende vuur,  (28)  en sy asem soos ‘n oorlopende stroom wat tot by die nek kom—om nasies te sif met ‘n sif van vernietiging; en ‘n toom wat verkeerd stuur, is in die kakebene van die volke.  (29)  Die lied sal by julle wees soos in die nag as die fees gevier word, en julle sal vrolik wees van hart soos die wat met die fluite loop, om te kom op die berg van die HERE, na die Steenrots van Israel.  (30)  En die HERE sal sy stem vol majesteit laat hoor en die neerdaling van sy arm laat sien, met grimmige toorn en die vlam van ‘n verterende vuur, storm en stortreën en haelkorrels.  (31)  Want vir die stem van die HERE sal Assur verskrik wees; met die stok sal Hy slaan,  (32)  en elke swaai van die roede wat vir hom beskik is, wat die HERE op hom laat val, sal wees onder begeleiding van tamboeryn en sitermusiek, en met ‘n uitgeswaaide vegtersarm sal Hy teen hulle veg.  (33)  Want ‘n Tofet is van gister af gereedgemaak, ook is dit vir die koning berei; diep en wyd het Hy die houtstapel daarvan aangelê met vuur en hout in menigte; die asem van die HERE is soos ‘n stroom van swawel wat dit aan die brand steek.

 

en Habakuk 3:16…

Hab 3:16  Toe ek dit hoor, het my ingewande gebewe; my lippe het getril by die geluid, bederf het gekom in my gebeente, ja, ek het gebewe waar ek staan, omdat ek rustig moes wag op die dag van benoudheid dat dit aanbreek vir die volk wat op ons ‘n aanval maak.

 

Gustav praat verder…

 en dat Hy ons stede puinhope sal maak en ons land ’n wildernis. ’n Suidlander is dus deel van die oorblyfsel van hierdie volk …

 

[ “oorblyfsel van hierdie volk” Hierdie is die begin van ‘n baie subtiele  verdraaing van die oorspronklike boodskap! Die oorspronklike boodskap lei “Bekeer, bekeer… en keer terug na God en SY weë of anders sterf julle”. Iets wat die meeste Afrikaners klaarblyklik geen behae in het nie. - Redakteur.]

 

… en gee daarom ag op die waarskuwings wat volledig in DVD 2 uitgelig word. Daar is ook ander organisies en leiers wat waarskuwings rig tot ons volk en daarvoor dank ons elkeen. ’n Suidlander wil nie in stryd wees met enige volksgenoot nie, want “ons stryd is nie teen mekaar nie, maar teen die wêreld en die owerhede en die bose magte in die lug.”

 

[ Die Boervolk en Suidlander se stryd is teen God self. Dit is God wat besluit het hierdie volk moet of reg of weg. Word wakker! Kom ek haal Gustav se aanhaling en woorde aan: … - Redakteur.]

 

Jer 13:10  Hierdie goddelose volk wat weier om na my woorde te luister, wat wandel in die verharding van hulle hart en agter ander gode aan loop om hulle te dien en hul daarvoor neer te buig—hulle moet word soos hierdie gord wat waardeloos is.

 

Jer 13:15  Luister en merk op; verhef julle nie, want die HERE het gespreek! (16)  Gee eer aan die HERE julle God voordat Hy dit donker laat word …

 

Jer 13:25  Dit is jou lot, die deel wat Ek jou toegemeet het, spreek die HERE, omdat jy My vergeet en op leuens vertrou het. (26)  So het Ek dan ook jou slippe opgetel oor jou aangesig, sodat jou skande gesien word.

 

Uhuru was die instrument wat God wou gebruik om Sy toorn oor ’n afvallige volk te laat kom). – Gustav. ]

 

(Uhuru is ‘n Swahili woord vir “Vryheid” en het niks te doen met nag of langmesse nie!)

 

En skielik verander God se plan na verlede tyd?  “Uhuru was die instrument wat God wou gebruik? - Gustav- wat het God van plan laat verander? Bekering? Ek vind dit uiters interresant dat God skielik sy toorn laat vaar sonder enige bekering van ons volksgenote, soos oorspronklik vereis was!  Blink motors staan nog steeds voor die dobbelhuise, kerke is nog steeds leeg, sport is nog steeds die Afrikaner se gunsteling tyd verdryf op die Sabbatte, wellus word nog met oorgawe gedien! Ons vroue lyk nog steeds soos Jezebels, half naak, en in klere wat lyk of hulle daarin gegiet is! Baie lyk soos ‘n magnetiese Plascon advertensie wat ‘n draai deur ‘n R5 juweliers winkel gemaak het. Hoe dan nou?

 

Rev 3:15-19  Ek ken jou werke, dat jy nie koud is en ook nie warm nie. Was jy tog maar koud of warm!  (16)  Maar nou, omdat jy lou is en nie koud of warm nie, sal Ek jou uit my mond spuug.  (17)  Want jy sê: Ek is ryk en het verryk geword en het aan niks gebrek nie; en jy weet nie dat dit jy is wat ellendig en beklaenswaardig en arm en blind en naak is nie.  (18)  Ek raai jou aan om van My te koop goud wat deur vuur gelouter is, sodat jy kan ryk word; en wit klere, dat jy jou kan aantrek en die skande van jou naaktheid nie openbaar word nie; en salf om jou oë te salf, sodat jy kan sien.  (19)  Almal wat Ek liefhet, bestraf en tugtig Ek. Wees dan ywerig en bekeer jou.

 

Indien die oorspronklike bosveld boodskap waarlik deur God aan hierdie leiers gegee is, is dit is tog duidelik dat dit God self is wat die vernietiging van die Boervolk beplan. Gustav meen dat hy nou eerder sy energie gebruik om die steeds onbekeerde Suidlanders/volksgenote voor te berei met kos pakkies, noodhulp kassies en skuilplekke. Glo Gustav en die ander verleiers werklik dat God nie instaat is om hul kos met miet en wurms te deurtrek nie, en dat Sy arm te kort is om hul skuilplekke te bereik.

 

‘n Suidlander dame sê nou die dag vir my, wanneer ons op ons skuil-plaas kom is die eerste ding wat ons gaan doen is om ‘n plek vir aanbidding uit te sonder”. Wat wou!. Die meeste Suidlanders was nie die afgelope tien jaar in ‘n plek van aanbidding nie, behalwe vir begrafnisse en troues! Geen wonder God haat die goddelose! Indien iemand sê dat dit nie waar is nie, dan lees hulle nie hul Bybels nie. Die skrif sê…

 

Psa 5:6  Die onsinniges sal voor u oë nie standhou nie; U haat al die werkers van ongeregtigheid.

 

Psa 11:5-6  Die HERE toets die regverdige; maar sy siel haat die goddelose …

 

Pro 28:9  Wie sy oor wegdraai om nie na die wet te luister nie, selfs sy gebed is ‘n gruwel.

 

Die gesegte “God haat die sonde, maar is lief vir die sondaar”, is ‘n leuen en kom nêrens in Sy woord voor nie! …so besin en kom terug na God toe voor dit te laat is.]

 

God gaan voort…

Eze 33:27  So moet jy vir hulle sê: So spreek die Here HERE: So waar as Ek leef, die wat in die puinhope is, sal gewis deur die swaard val; en hom wat op die oop veld is, gee Ek aan die wilde diere oor om opgeëet te word; en die wat in die vestings en in die spelonke is, sal deur die pes sterwe.

 

Merk tog in hemelsnaam op wie julle eintlike vyand is !  Die enigste ontsnappingsroete is opregte bekering!  … Bekering volgens God se manier. God, wie se naam Jesus is…

 

Isa 52:5-6  Maar nou, wat vind Ek hier? spreek die HERE; want my volk is vir niks weggeneem, sy oorheersers maak geraas, spreek die HERE, en my Naam word gedurigdeur die hele dag gelaster.  (6)  Daarom sal my volk my Naam leer ken; daarom sal hulle weet op dié dag dat dit Ek is wat spreek: Hier is Ek!

 

Psa 102:8  (102:9) Die hele dag smaad my vyande my; die wat teen my raas, gebruik my naam as ‘n vloek.

 

Watter naam word die hele dag gelaster?...

 

YHWH?   YaHWeH?   YaHaWaH?  YaHuWeH?  YaHuW’ Shuwa?   YaHuWaH?   JEHOVAH?   Josua?   Yeshua?  Elohiym?  Yeosus of  Ieosus?  Yahuah?  GOD?  - maak jou keuse!

   

Stellig nie een hierbo nie! “Jesus Christus en “Jesus Christ” is die enigste naam wat as laster taal gebruik word! Ontkenning sal niemand van God se misnoeë red nie.  Die woord ‘God’ is geen naam nie. ‘God’ beteken “voorwerp van aanbidding”. Enige ding wat aanbid word , word “God” genoem. God kan dis “Allah”, “Buddha’, ‘die maan’, ‘die son’, ‘geld’ of jouself wees. ‘n Voorwerp van aanbidding.

 

Heb 1:4  terwyl Hy (die seun van God) soveel uitnemender geword het as die engele namate Hy ‘n voortrefliker naam geërf het as hulle.  -  (Wat is die naam wat die Seun mee bekend is? Word dit as ‘n vloek gebruik? Moenie dat enige mens jou bedrieg nie.”

 

Exo 23:20-21    Kyk, Ek stuur ‘n Engel voor jou uit om jou op die pad te bewaar en om jou na die plek te bring wat Ek gereedgemaak het.  (21)  Neem jou in ag vir Hom en luister na sy stem; wees nie wederstrewig teen Hom nie; want Hy sal julle oortreding nie vergewe nie, want my Naam is in Hom.

 

Nooit was God se hemelse naam in die Ou Testament bekend gemaak nie! Anders was Jesus totaal deurmekaar.

Kyk hierna…

Joh 17:1  Dit het Jesus gespreek, en Hy het sy oë na die hemel opgehef en gesê: Vader, die uur het gekom; verheerlik u Seun, sodat u Seun U ook kan verheerlik—

 

Joh 17:6  Ek (Jesus) het u Naam geopenbaar aan die mense wat U My uit die wêreld gegee het. Hulle het aan U behoort, en U het hulle aan My gegee, en hulle het u woord bewaar.

 

Joh 17:26  En Ek (Jesus) het u Naam aan hulle bekend gemaak en sal dit bekend maak, sodat die liefde waarmee U My liefgehad het, in hulle kan wees, en Ek in hulle.

 

Joh 5:43  Ek (Jesus) het gekom in die Naam van my Vader, en julle neem My nie aan nie. As ‘n ander een in sy eie naam kom (NG, AGS, PPK, Baptiste, Sewende Dag Adventis, Lede in Christus, Suidlanders, ens...) , hóm sal julle aanneem.

 

Die Seun van God was nooit as YaHWeH bekend nie! Glo julle werklik dat God so onregverdig kan wees deur te sê, “elkeen wat die naam van die Here aan roep sal gered word” en dan ons ‘n Bybel te gee waar sy naam nie eenkeer voorkom nie? Nie in die Afrikaanse of KJV Bybel nie. Hy was met geen ander Naam bekend as net Jesus Christus (Yeshua, Jesu Cristos) nie. ‘n Naam wat as ‘n vloek gebruik word!

 

Act 4:12  En die saligheid is in niemand anders nie, want daar is ook geen ander naam onder die hemel wat onder die mense gegee is, waardeur ons gered moet word nie.

 

Jehovah van die Ou Testament, is Jesus, van die Nuwe Testament!

 

Aramaic:  Yehshua  = “God red” of “God ons redder”, afgelei vanaf 

                             Yah’ =  God

                            Shua  = naamwoord - redder

                                             werkwoord  - om te red

 

…ons keer terug na ons oorspronklike onderwerp…

 

God praat verder…

Eze 7:24  Daarom sal Ek die kwaadaardigste nasies (swartes) laat kom, wat hulle (Afrikaner se) huise in besit sal neem,

 

Dit is tog die oorspronklike boodskap uit Gustav se pen uit! -Redakteur.]

Gustav praat verder…

As leier van die Suidlanders vra ek dat ons medevolksgenote ons nie sal oordeel op ‘foute’ van die verlede of van die toekoms nie. (Selfs in die Boereoorlog is baie ‘foute’ gemaak, maar deur die Genade het ’n handjievol drie jaar lank teen die magtigste land ter wêreld staande gebly, en vrees die wêreld ons tot vandag toe nog). Oordeel ons volgens die opregtheid van ons harte om in die bres te tree vir God, Volk en Vaderland. ( “ No one is perfect, only perfect intention ”).

’n Suidlander glo ook dat God ons nie vir altyd verstoot nie, maar ons weer sal herstel in die mooi land wat Hy vir ons Vaders by Bloedrivier beloof het (Jes. 61, Jes. 60, Jes. 57:14-21, Jes. 40:1-11, Jes. 12:1-6, Ps. 118, 1 Joh. 5:4, 2 Kor. 6:2, Hand. 13:35-41, Joh. 14:1, Habakuk 1:5 en Habakuk 3:13; daar is nog duisende ander verse.

Selfs die berugte ‘Mandela-SMS’ het ’n positiewe uitwerking gehad (2 Kron. 20:15) in dié opsig dat baie mense wat gedreig het om kosvoorrade aan te koop en dit nooit gedoen het nie, was kort na die berig slaggereed; en ek hoop en bid dat u steeds voorbereid is. Want selfs ’n graad 1 kind sal aan die politieke veranderinge in die afgelope paar maande kan sien dat onrus broei en onstabiliteit ons voorland is. Die Bybel sê vir ons: “vir hom wat glo, gebeur alles ten goede”. En as ek kyk na al die publisiteit wat die Suidlanders gekry het uit daardie duisende SMS’e wat die voorblaaie van byna al die koerante gehaal het, en waarmee die media gehoop het om ons boodskap belaglik te maak, dan besef ek eers hulle het hulself in die voet geskiet, want daardie berigte het gehelp dat duisende ander ook kennis geneem het van die onheil en naderende tydbom wat op Suid- Afrika wag. Ons is oorval deur navrae, en gevolglik het nog baie van ons volksgenote hulle begin voorberei. Alle eer aan God!

[Redakteur.   -  2Ch 20:15  … So sê die HERE aan julle: Wees nie bevrees of verskrik vanweë hierdie groot menigte nie, want die stryd is nie julle saak nie, maar die saak van God.

 

Wat se onsin raak Gustav nou kwyt! Totale verwaring! Dit is baie duidelik dat Gustav en Kie die skrifte na hartelus aanhaal om die mense se ore streel!  2 Tim 4. Die eerste boodskap van God lui, “Hierdie goddelose volk … (Jer 13:10) is vol sonde en Ek gaan hul vernietig indien hulle nie terug keer na my weë nie.” Wat het verander? Sportgode, dobbelhuise, TV’s, naaktheid, hoerering en vuil taal. Mans wat soos vroue lyk en vrouens wat soos mans lyk en aantrek, ens. Ja, self die groot meerderheid Suidlanders. Geloftedag viering is nie bekering nie. Nou, volgens die Suidlander leiers, gaan God skielik sy eie beloofde straf en vernietiging af weer. – Redakteur .]

 

 

In Desember 2007 is ek in hegtenis geneem en daarvan aangekla dat ek medepligtig sou wees aan die besit van ’n onwettige vuurwapen, en ook dat ek tjekbedrog sou gepleeg het. Die tyd wat alle dinge uitwys, sal ook uitwys dat dit ‘n gefabriseerde klag was om die Suidlanders in ’n swak lig te stel. Ek besit reeds ’n gelisensieerde vuurwapen, en sal nie so kortsigtig wees om die Suidlanderorganisie waarvoor ek letterlik alles opgeoffer het, met een onbesonne daad te vernietig nie. Die sogenaamde ‘tjekbedrog’ spruit voort uit omstandighede waaroor ek geen beheer gehad het nie. Ek het dienste gelewer waarvoor geld op my rekening inbetaal sou word, en op grond daarvan het ek in goedertrou ’n tjek vir my vragmotorlisensies uitgeskryf. Omdat my skuldenaars in gebreke gebly het om my te betaal, is my tjek toe terugverwys. En intussen is ek reeds besig met reëlings om die lisensiegeld aan die betrokke munisipaliteit terug te betaal.

Daar is ’n gesegde wat lui: ‘Wie ’n gat vir ’n ander grawe, val self daarin… Ons lees in die boek van Ester van Haman wat ’n galg gebou sodat hy vir Mordegai kon laat hang. Maar deur die ingryping en uitredding van ons Hemelse Vader het Haman op die einde aan sy ‘eie’ galg gehang. Net so was dit ook met die Februarie 2007-inligting oor Mandela se dood. God het daardie doelbewuste disinformasie so gebruik dat dit ook vir vandag se Mordegai (sy oorblyfsel) tot voordeel strek. Daarom aanvaar ek die bietjie smaad wat ek hieroor moet verduur, en ek loof en prys die Vader vir die positiewe uitwereking wat dit op ons hele poging gehad het, nl. die bewusmaking van ons volk.

’n Suidlander kritiseer nie ’n ander volksgenoot bloot omdat daar ’n meningsverskil is nie, maar glo in die ou leuse van Suid-Afrika, nl. ‘Eendrag maak mag’. ’n Suidlander fokus op die positiewe wat ons volk kan saamsnoer om ’n hegte eenheid te vorm. (Fil. 1:27, Fil. 2:2 en 1Kor. 12:12-31). ’n Suidlander distansieer hom steeds van geweld en verbind hom om enige volksgenoot wat in nood sou verkeer in die toekoms te hulp te snel. In hierdie verband is daar baie disinformasie in omloop, maar ons doen opnuut ’n beroep op u om binne die riglyne van die wet te bly.

Ons is en bly Knegte van die Allerhoogste teen die hele wereld vry. ???

Suidland Groete.
Gustav Müller

Oorsprong: Die Suidlanders
http://suidlanders.blogspot.com/

 

 

[Skrifte en kommentaar deur die Redakteur…

 

Eze 33:26-28    Julle steun op jul swaard, julle doen gruwels en verontreinig elkeen die vrou van sy naaste—en sal julle die land as besitting ontvang?  (27)  So moet jy vir hulle sê: So spreek die Here HERE: So waar as Ek leef, die wat in die puinhope is, sal gewis deur die swaard val; en hom wat op die oop veld is, gee Ek aan die wilde diere oor om opgeëet te word; en die wat in die vestings en in die spelonke is, sal deur die pes sterwe.  (28)  En Ek sal die land ‘n wildernis en ‘n woesteny maak, en aan sy trotse mag sal ‘n einde kom; en die berge van Israel sal woes wees sonder dat iemand daar oorgaan.

 

…die Vrees van die Here…

Pro 1:7  Die vrees van die HERE is die beginsel van die kennis; …

 

Psa 33:18-19    Kyk, die oog van die HERE is op die wat Hom vrees, op die wat op sy goedertierenheid wag;  (19)  om hulle siel te red van die dood en hulle in die lewe te hou in hongersnood.

 

…gee jou lewe vir God dan sal Hy jou red…

Mar 8:35  Want elkeen wat sy lewe wil red, sal dit verloor; maar elkeen wat sy lewe om My ontwil en om die evangelie ontwil verloor, hy sal dit red. 

 

Gustav sê… 

“`n Suidlander glo ook dat God ons nie vir altyd verstoot nie, maar ons weer sal herstel in die mooi land wat Hy vir ons Vaders by Bloedrivier beloof het…”

 

…maar ons erfenis is nie hier nie…

Mar 8:35-38  Want wat sal dit ‘n mens baat as hy die hele wêreld win en aan sy siel skade ly?  (37)  Of wat sal ‘n mens gee as losprys vir sy siel?  (38)  Want elkeen wat hom vir My en my woorde skaam in hierdie owerspelige en sondige geslag, …

 

 …moenie vrees vir…

Mat 10:28  En moenie vrees vir die wat die liggaam doodmaak, maar die siel nie kan doodmaak nie; maar vrees Hom liewer wat die siel sowel as die liggaam kan verderwe in die hel.

 

As jy nie weer gebore is nie…

Joh 3:3  Jesus antwoord en sê vir hom: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie.

 

Act 2:40  En met baie ander woorde het hy hulle besweer en vermaan en gesê: Laat julle red uit hierdie verkeerde geslag.

 

…God is met niks minder tevrede nie. Laat staan jul eiewys praatjies, en soek eers die koninkryk van God en al Sy geregtigheid!

 

Mat 6:33-34  Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word.  (34)  Kwel julle dus nie oor môre nie, want môre sal hom oor sy eie dinge kwel. Elke dag het genoeg aan sy eie kwaad.

 

Heb 10:25-26    en laat ons ons onderlinge byeenkoms nie versuim soos sommige die gewoonte het nie, maar laat ons mekaar vermaan, en dit des te meer namate julle die dag sien nader kom.  (26)  Want as ons opsetlik sondig, nadat ons die kennis van die waarheid ontvang het, bly daar geen offer vir die sondes meer oor nie,

 

…Gustav skryf…

Onthou om elke aand na ete Huisgodsdiens te hou, saam met u hele gesin! Want die Woord sê, as ons ons bekeer van ons verkeerde weë en terugkeer na God toe,  “sal” Hy ons uitred!!!

 

Amen..

 

 Latere byvoegings.

 

19 Julie 2007 – Boodskap van Gustav Müller

 

Suidlanders,

Ons staan op die vooraand van `n Bloukrans en Weenen en tog is daar nog persone wat dit ontken en “vrede…vrede…” sanik (Jer. 14:13-16).

 

Terwyl `n groot deel van die Boervolk kliphard besig is om hul gode soos Mammon en Astarte daagliks te dien, pryk daar op die hoogtes vreemde tempels van vreemde godsdienste; en dit in `n land wat deur die Almagtige aan ONS gegee is by Bloedrivier. In dieselfde land waar die vyand teen `n geweldige tempo besig is om teen ons te mobiliseer - bande wat daagliks op snelweë gebrand word en tientalle stakings by groot en klein maatskappye. Dan is daar natuurlik die hotel in Kerkstraat wat sy boonste verdieping vir R60 000-00 verhuur het aan CNN, BBC en SKYNEWS spesiaal vir Mandela se begrafnis.

 

Hiermee daag die Suidland Bestuur, wat minstens sal bestaan uit 30 lede, Mnr. Mandela uit om `n dinee by te woon saam met ons Suidlanders. En NIE die dubbelganger nie wat `n eenvoudige grappie deesdae van `n vel papier moet aflees! (Wie dink die media bluff hulle?). Want ek, Gustav Müller, het `n paar vrae oor sy (Mandela) terroristiese verlede wat die dubbelganger nie sal kan beantwoord nie.

 

Mnr. Mandela, indien u bereid is om die uitdaging te aanvaar, is Zelda welkom om ons in verbinding te tree per e-pos, by suidlanders@gmail.com, en ons sal in samewerking met u beskermers, lykbesorgers en die SAP, u ‘vuil’ligheid probeer verseker - so tussen die balsemwalms deur en in samewerking met AVBOB, SAFFAS of Martins-begrafnisondernemers.

 

Hiermee vergewis ons net die Suidlanders van `n uitnodiging wat reeds gerig is aan Mnr. Mandela en nooi ons ook al die koerante en tydskrifte uit om die dooilike okkasie by te woon.

 

Nogmaals doen ek, Gustav, `n ernstige beroep op ons volk om, terwyl hulle nog in `n relatiewe normale land woon, hulself toe te rus teen geweldpleging en hongersnood. As jy swak toegerus by `n kampterrein aanmeld, gaan jy die een wees wat die meeste ongerief gaan verduur. Daarom doen ons `n beroep op die volk om julself toe te rus met die nodige toerusting en voedsel omdat ons vir julle omgee.

 

Vir mense met wie dit finansieel broekskeur gaan is hier ‘n lys van die absolute minimum waarmee jy oor die weg kan kom. Dit is `n lys vir `n gesin van 4 vir 3 maande - 2 etes per dag: -

 

Pappot

Poeiermelk 10 kg

Mieliemeel 60kg x 3

Suiker 10 kg

Rys 30kg Spaghetti/ Macaroni kan vir afwisseling gebruik word.

Bogenoemde bestaan uit `n 11 uur ete wat `n mieliepap ete is met melk en suiker. Aandete teen 5 uur bestaande uit `n 200g soya-maalvleis en `n koppie rys.

 

Die volgende toerusting behoort in u huis te wees: -

Pot vir pap

Eetgerei: 4 borde, 4 papborde, 4 bekers, 4 messe en vurke, 4 lepels

Beker / 2ℓ Coke bottel om melkpoeier in aan te maak

Aanstekers

Skottelgoedseep+waslappie+skuurdraad+ afdroogdoek

Lyfwasseep

Klerewasseep

Tou, spykers en `n hammer

Draad (1.5mm)

Houtsaag

Tang

Komberse, kussings en slaapsakke

Warmklere en reenjasse

Skoene en kouse

Flits/kerse

Sekel

Medikasie

Alle kruideniers in kaste

`n ROER-ding

Tandepasta en `n tandeborsel

Lamp en lampolie

 

Indien u nie geld vir `n tent het nie, koop ‘n R200-00 kuilvoerseil by naaste koöperasie.

 

Ons is dankbaar dat die ergste winter aan die verby gaan is ( en soos die Bybel sê bid dat jul vlug nie op die Sabbat of in die winter is nie).

 

Suidland groete

Gustav Müller

 

[Baie goeie lys Gustav, net jammer jy het nie ook ‘n plekkie gemaak vir God se Woord genoem “Die Bybel” nie.]

 

Wat sal ons dan doen, waarheen kan ons vlug?

Aan diegene wat vra, “Wat sal ons dan doen, waarheen kan ons vlug? “. Die Woord van God, (Sy naam is Jesus Christus), sê eerstens…

 

Act 2:38-39  ... Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang.  (39)  Want die belofte kom julle toe en julle kinders en almal wat daar ver is, die wat die Here onse God na Hom sal roep.

 

...en moenie asseblief nie julle ore uitleen aan al die geleerde valsaards wat babas besprinkel as plaasvervanger vir ‘n skriftuurlike doop nie. 

 

Pro 18:10  Die Naam van die HERE is ‘n sterk toring; die regverdige hardloop daarin en word beskut.

 

Psa 91:14  Omdat hy My liefhet, sê God, daarom sal Ek hom red; Ek sal hom beskerm, omdat hy my Naam ken.

 

In afsluiting, ‘n woord van advies aan al julle selfgemaakte, half gebakte Israeliete wat ons boerevolk  geïnfiltreer  het; - God het nog nooit met die Israeliete gedeel buite hul grondgebied nie. As jy werklik glo dat jy ‘n Israeliet is, pak jou tassie en gaan na Israel, want dit is die enigste plek waar God erkenning aan jou sal gee.

 

Rom 3:29  Of behoort God net aan die Jode (Israeliete), en nie ook aan die heidene nie? Ja, ook aan die heidene,

 

…en aan die nie-Israeliete (heidene) sê die Woord dat die Israeliete julle glad nie voor sal wees nie!

 

Act 15:14-16    Símeon het vertel hoe God in die begin uitgesien het om ‘n volk uit die heidene vir sy Naam aan te neem.  (15)  En hiermee stem die woorde van die profete ooreen, soos geskrywe is: (16)  Daarna sal Ek terugkom en die vervalle hut van Dawid weer oprig, en wat daarvan verwoes is, sal Ek weer oprig en dit herstel...

 

Act 28:28-29    Laat dit dan aan julle bekend wees dat die heil van God aan die heidene gestuur is, en hulle sal luister.  (29)  En toe hy dit gesê het, het die Jode (Israeliete), onder groot woordestryd met mekaar, weggegaan.

 

Rom 9:30-33  Wat sal ons dan sê? Dat die heidene, wat die geregtigheid nie nagejaag het nie, die geregtigheid verkry het, naamlik die geregtigheid wat uit die geloof is;  (31)  terwyl Israel, wat die wet van die geregtigheid nagejaag het, die wet van die geregtigheid nie bereik het nie.  (32)  Waarom? Omdat dit nie uit die geloof was nie, maar net asof dit uit die werke van die wet was; want hulle het hul gestamp teen die steen van aanstoot.  (33)  Soos geskrywe is: Kyk, Ek lê in Sion ‘n steen van aanstoot en ‘n rots van struikeling; en elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaam word nie.

 

Mat 12:21  En op sy Naam (Jesus)   sal die heidene hoop. – en so is dit dan ook.

 

Hierdie saak strek baie dieper as net beveiliging van ‘n sekere groepie mense; dit behels ook die saligheid van die menigtes wat blindelings agter ‘n baie slu en gevaarlike kalant / beweging aan loop. Moet nooit Satan se vermoë om te mislei, onderskat nie! Wees nugter en pasop vir hierdie tipe van misleiding. Hierdie mense verkondig nie die Evangelie en bekering van die Bybel nie.

 

Boere groete vanaf ‘n bekeerde Suidlander.

 

Dion de Beer - die Redakteur.

 

NS.

Gal 1:6-8  Ek verwonder my dat julle so gou afvallig word van hom wat julle deur die genade van Christus geroep het, na ‘n ander evangelie toe,  (7)  terwyl daar geen ander is nie; behalwe dat daar sommige mense is wat julle in die war bring en die evangelie van Christus wil verdraai.  (8)  Maar al sou ons of ‘n engel uit die hemel julle ‘n evangelie verkondig in stryd met die wat ons julle verkondig het, laat hom ‘n vervloeking wees!